Freedom Day, on 27 April, is the annual celebration of South Africa’s first non-racial democratic elections, which took place in 1994.
“This was the culmination of years of struggle and a negotiated settlement which led to the unbanning of the liberation organisations, the release of political prisoners and the return of exiles and the formal all party negotiations which drafted an interim constitution,” as stated on South Africa History Online.
What does this day mean to South Africa’s youth? NoordkaapBulletin asked a few young South Africans.
Bakang Seinelo, tourism intern and entrepreneur, says Freedom Day is a special day.
“It carries pain, success and happiness. The pain of finally overcoming oppression. Waking up in the morning knowing you don’t have to answer to anyone about your existence.
“The success is that we are finally living in a democratic country. Happiness is having freedom of speech.
“The 27th will be a holiday to me, as I have never celebrated this day. If I had the funds to give back to the community, I would give out sanitary pads to less fortunate women.
“I believe we should be giving back to the less fortunate on this day as much as we celebrate it. We should think about those who are not free, and help them to be free. There are still people who live in terrible situations and need our assistance.
“Freedom Day created opportunities for me and the future. I’m able to study further without paying for it, even though some struggle with getting funds to study. I was one of the lucky few who was granted the opportunity because of the democratic country that we stay in, which is free for all.
“As for my peers, I believe this day has given them the opportunities to pursue anything they want without being oppressed,” says Seinelo.
Beàtha Groenewald, vierdejaar-honneurstudent aan die Noordwes-Universiteit, sê vryheid beteken nie om jou medemens se vryheid te beperk nie.
“Vryheid beteken dat jy die keuse het om jouself beter te maak. Jy mag besluit hoe jy wil lewe. Jy het die reg om nee te kan sê vir goed soos gesag, politiek en waardes waarmee jy nie saamstem nie.
“Ek het die reg om op te staan vir goed wat teen my morele waardes indruis.
“Dit is ’n groot verantwoordelikheid om so ‘vry’ te leef, maar ook om nie jou medemens se vryheid te skend nie. Jy moet op goeie keuses besluit.
“Om vry te wees beteken nie dat ek iets wegvat van jou en vir iemand anders gee nie.
“Vryheid en Menseregte gee aan die jeug ’n gevoel van eie reg wat hulle laat optree en voel dat hulle geregtig is op alles.
“Ek dink dis een van die grootste probleme. Ons mag nooit so ‘vry’ voel dat ons goeie maniere, bedagsaamheid, orde, en beskaafdheid verloor nie.
“Demokrasie beteken ‘regeer deur mense’ en die land se bevolking stem vir die leiers wat hulle wil hê. Ongelukkig is daar onkunde, die gebrek aan opvoeding en mense wat hul menings op mekaar afdwing deur verskuilde agendas te dryf.
“Ek het dit persoonlik ervaar en gesien. Sodra iemand ’n bedreiging is om verskuilde politieke agendas te openbaar, word hulle verwyder.
“My mening is dat daar voorwaardes moet wees voordat mense stemreg mag hê, waarvan een ’n matrieksertifikaat moet wees – en belasting betaal.”
Dit is tog die belastingbetalers se geld wat vir die regering gaan, meen sy.
“Ek is al ‘white privileged’ genoem en mense het my al misbruik.
“Vryheidsdag moet ’n herinnering wees dat enigiemand die vryheid het om opgevoed te word en dat almal gelyk is, sonder diskriminasie of rassisme, wat ek al baie ervaar het. Ek is in 2000 gebore; ek is ná 1994 gebore, tog word ons verkwalik en teen gediskrimineer.
“Ek het al soveel haat teenoor my ervaar weens my velkleur in my vorige rol as studenteraadslid. Ek staan vir eerlikheid, gelykheid en regverdigheid en daarom is vryheid vir my so belangrik.”
Eric Kok, skrywer en dramaturg van Roodepan, sê 27 April is een van Suid-Afrika se mees belangrike feesdae.
“Dit is ons dag van versoening. Jare gelede was dit vir baie die begin van ’n blink toekoms.
“Die eerste paar jare ná 1994 was gevul met euforie en vasberadenheid om werklik te bou aan ’n verenigde reënboognasie.
“Ons het vryheid, daar is soveel geleenthede in vergelyking met die vorige bedeling, veral vir die ouer geslag. Maar soos met enige demokratiese land, bevoordeel demokrasie die meerderheid en ongelukkig is die meerderheid nie altyd reg nie.
Die slegte weeg swaarder as die goeie, en te veel hou vas aan nostalgie.
“Ons het ’n pragtige Grondwet wat elkeen genoeg selfbeskikking gee om enigiets te word en te bereik. Dit wat geskryf is, weerspieël nie altyd die werklikheid nie. Daar is steeds diskriminasie, werkloosheid, armoede, en die misdaadsyfer styg daagliks.
“Ons as ’n nasie het op baie maniere daarin geslaag om die rassegrens oor te steek; ons het die verlede se onreg in ’n mate reggemaak. Die ouer geslag het meer geduld as die jeug van vandag, wat wil hê dat sekere goed onmiddellik moet verander.
“Ná byna 30 jaar van ’n demokrasie moet die verbetering waarvan ons so hoog praat, sigbaar wees.
“Vandag se talle probleme en kwessies kan opgelos word; dit is jammer dat die besluitnemers oud en moeg is. Hulle het vir ons vryheid geveg, maar het nie die vasberadenheid en verbeelding om dinge werklik te verander nie. Ons moet die jeug ’n kans gee om vars en vernuwende idees in te bring.
“Ons het die vermoë, ons het net die geleentheid nodig. As ’n jong ambisieuse en vasberade individu wat graag hoogtes wil bereik, is ek sterk van mening dat die tyd vir verandering nou is.
“Ons moet ons ingesteldheid verander en vorige prestasies en nostalgie laat vaar. Ons moet toekomsgerig raak en aan oplossings werk om die tallose probleme op te los.
“Ek vier Vryheidsdag deur dit wat ek het te waardeer en te geniet en uit te sien na wat ek nog kan bereik.
“Met die huidige toestand waarin jong professionele mense die land in massas verlaat, kan ek nie anders as om te erken dat ek senuweeagtig is nie. Dalk is die 30ste herdenking van ons demokrasie net die keerpunt wat ’n nuwe tyd inlui.”


