Vandeesweek vind die vyfde Yonder Hartsfees in Kimberley plaas, ‘n joligheid uit die boonste rakke wat voorspel om vorige rekords te oortref.

Die fees het amptelik op Donderdag 4 September begin. Op diรฉ dag is 1 000 kinders uit alle gemeenskappe op eetgoed, koeldrank, roomys en vertonings trakteer. Ouer mense is vermaak met die tema “Back to the fifties”.

Op Vrydag 5 September het die hekke reeds op 09:00 oopgemaak en die dag is met ‘n verskeidenheid aktiwiteite gevul. Die aand is verskeie kunstenaars op die verhoog, onder meer Celly-G, Big Band Theory SA, Drommedaris Duo, en Spoegwolf.

Yonder Hartsfees
Die verhoog by die Haakbosskerm. Foto: Facebook

Saterdag se pret begin reeds wanneer die hekke om 07:30 oopmaak. Met die oggend se rugbywedstryd tussen die Springbokke en All Blacks kan ‘n plaasontbyt geniet word. Gelukstrekkings vind plaas. Demonstrasies deur die brandweer en die polisie is die middag in die arena. By die pretpark en kinderland is talle ritte om uit te toets.

‘n Verskeidenheid kunstenaars verskyn op die verhoog, onder meer Gage, BlackByrd en Empire Band.

‘n Ablusieblok is gebou en kan teen ‘n minimale fooi gebruik word. Die parkeerterrein by die hoofingangshek na die feesterrein in Hendrik van der Bijlstraat is vergroot. Veiligheidswagte is aan diens, met ‘n pendeldiens na die toegangshek.

Sondag maak die hekke om 09:00 oop, en feesvieringe duur to 15:00. Op diรฉ dag vind ‘n braaikompetisie plaas, waaraan ‘n ouer-en-kindspan kan deelneem. Skakel Aletha by 053 841 0537 vir meer inligting hieroor.

Koop toegangskaartjies aanlyn by Open Tickets. Besoek ook Yonder Hartsfees op Facebook en Tiktok, en blaai hier deur die program.

โˆ’ Jannie van Zyl, feesdirekteur

You need to be Logged In to leave a comment.