Yonder Hartsfees: Fees vol hart stel talent ten toon

Dit is aan die woel by Yonder in Kimberley om die Yonder Hartsfees, wat vir 24 tot 28 Augustus beplan word, ’n werklikheid te maak.


Dit is aan die woel by Yonder in Kimberley om die Yonder Hartsfees, wat vir 24 tot 28 Augustus beplan word, ’n werklikheid te maak.

Die eerste Yonder Hartsfees is in Augustus 2019 aangebied. Weens die Covid-19-pandemie kon dit egter nie in 2020 en 2021 plaasvind nie.

Yonder, geleë by Noord-Kaap­landse Geestesgesondheid se Kenilworth-landgoed, is dekades reeds die tuiste vir persone wat met ’n intellektuele gestremdheid leef. Hier word daagliks na 280 volwas­senes met ’n gestremdheid omgesien. Die landgoed bied nie net ’n perma­nente tuiste vir baie nie, maar is ook ’n veilige hawe vir dagbesoekers.

Ná deeglike vaardigheidsopleiding word baie van dié persone in die gemeenskap uitgeplaas, waar hulle by plaaslike ondernemings werk.

Diegene wat nie uitgeplaas kan word nie, verrig dagtake by een van die 14 werkwinkels op die terrein.

“Menswaardigheid is een van die instelling se grootste doelstellings,” sê Jannie van Zyl, direkteur.

“Elkeen hier weet hulle maak ’n verskil, is belangrik en het talente waarvan die gemeenskap moet weet.

“Die fees dien as geldinsameling en stel inwoners se talente ten toon.”

Die Hartsfees word in die skadu van kameeldoringbome op die Yonder-terrein aangebied.

’n Program vir die hele gesin, met vermaak, eetgoed, stalletjies, sportgeleenthede en kunstenaars, word saamgestel. Onder andere Martelize Brink, radiopersoonlikheid, sal as gasspreker optree.

  • NoordkaapBulletin is die gedruktemediaborg van die fees.

You need to be Logged In to leave a comment.