Die Solar Team Twente se sonkragaangedrewe motor op pad tussen Upington en Springbok. Dié voertuig van die Universiteit van Twente in Nederland was vanjaar een van die sonkragmotors wat aan die 16de Sasol Solar-uitdaging deelgeneem het. Sonkragmotors van plaaslike en internasionale spanne het aan die uitdaging deelgeneem, met sy roete van Secunda tot in Kaapstad, waar dit op Vrydag 20 September by die V&A-waterfront in Kaapstad geëindig het. ’n Afstand van ongeveer 1 700 km is oor agt dae afgelê, en die voertuie het onder meer via Zeerust, Kuruman, Upington, Kakamas en Springbok na Kaapstad gery. Besoek Sasol Solar Challenge op Facebook vir meer inligting en foto’s

.Foto: Facebook/Sasol Solar Challenge

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article