Die Hoër Jongenskool Paarl (HJS) is ’n uitblinkerskool waar waardes ’n leefstyl word, en is een van talle skole wat aan vanjaar se Wildeklawer Skolesporttoernooi gaan deelneem.
Die skool in die Wes-Kaap was sedert die aanvang van die toernooi hierby betrokke.
Vanjaar gaan vyf spanne – o.14A, o.15A, o.16A, o.19B en o.19A – deelneem. Hoewel dit vroeg in die seisoen is, en al die spanne nog op ’n leerkurwe is, beoog HJS om steeds deur sy spel te inspireer.
Die spanne beplan om die ervaring as ’n skool te geniet. HJS mik om as ’n span te speel, en is trots op al die deelnemers. Die uitblinkerskool spog ook met talle oudleerlinge wat naam in sportkringe gemaak het, en ook deelnemers aan Wildeklawer was.
Dit sluit die volgende oudleerlinge in: Thomas du Toit (Sharks en Springbok); Boeta Chamberlain (Sharks);
Thaakir Abrahams (Sharks); Dan Jooste (Sharks); Emile van Heerden (Sharks); Frans Malherbe (Stormers en Springbok); Evan Roos (Stormers); Paul de Wet (Stormers); Salmaan Moerat (Stormers); David Meihuizen (Stormers); Sebastian Lombard (Bulls); Cameron Hanekom (Bulls); Francke Horn (Leeus); Quan Horn (Leeus); Manny Ras (Leeus); Ruan Venter (Leeus); Tyler Bocks (Leeus); Devon Williams (Pumas); Gideon van Wyk (Houston Sauber Cats MLR); Kian Meadon (Houston Sauber Cats MLR); Gianni Lombard (NTT Docomo Red Hurricanes Japan); Wikus Groenewald (Rugby ATL – MLR); Jean-Luc du Plessis (Honda Heat Japan); Damian Stevens (Nola Gold MLR); Bradley Thain (Tel Aviv Heat) en Jeanluc Cilliers (SOC Rugby Frankryk).





