Die rugbyspanne van die Hoërskool Diamantveld van Kimberley het die afgelope naweek as wenners van die veld gestap ná hul kragmeting met die Hoërskool Jim Fouché van Bloemfontein.
Die wedstryde het op 30 en 31 Mei as deel van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks by Diamantveld plaasgevind.
Diamantveld se eerste rugbyspan het met 46 – 37 gewen.
Die eindtellings van die ander rugbywedstryde, met Diamantveld s’n telkens eerste, is:
o.19B: 59 – 0;
o.19C: 66 – 0;
o.16A: 75 – 12;
o.16B: 35 – 7;
o.15A: 59 – 0;
o.15B: 40 – 14; en
o.14A: 43 – 0.
Op die hokkieveld is al die wedstryde in Jim Fouché se guns beklink. Diamantveld se eerste seunshokkiespan het met 1 – 5 verloor, en die meisies met 0 – 2. Die seuns se o.16A-span het met 0 – 2 verloor, terwyl die meisies se o.19B-span met 0 – 12 in die stof gebyt het en die o.16A’s met 0 – 6.
- In ronde nege van die reeks meet Diamantveld se spanne op 26 Julie kragte teen dié van die Bethlehem Voortrekker Hoërskool in Bethlehem.


