Ruben Viljoen van die Hoërskool Diamantveld se o.15A-span keer sy teenstander van die Hoërskool Jim Fouché.


Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Diamantveld het weer as oorwinnaars van die veld gestap tydens Saterdag 20 April se kragmeting as deel van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks.

Wedstryde het op die dag teen die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein plaasgevind, en Diamantveld se rugbyspanne het sewe van die nege wedstryde gewen. Die eerste rugbyspan het ses drieë gedruk om met 38 – 15 te wen. In Maart het dié span die Hoërskool Trio se eerste rugbyspan met 29 – 27 geklop.

Slegs vier van Diamantveld se 11 netbalspanne kon hul wedstryde wen, en slegs die o.18A-meisieshokkiespan het as wenner uitgetree.

Uitslae is soos volg, met Diamantveld se puntetelling telkens eerste:

Ruby

Ruben Viljoen van die Hoërskool Diamantveld se o.15A-span keer sy teenstander van die Hoërskool Jim Fouché.
  • Rugby

o.19A: 38 – 15;

o.19B: 37 – 31;

o.19C: 47 – 8;

o.19D: 52 – 5;

o.16A: 50 – 17;

o.15A: 19 – 22;

o.15B: 7 – 22;

o.14A: 41 – 0; en

o.14B: 57 – 3.

  • Netbal

o.19A: 37 – 47;

o.19B: 14 – 28;

o.16B: 23 – 37;

o.16C: 8 – 30;

o.15A: 19 – 13;

o.15B: 27 – 7;

o.15C: 9 – 15;

o.14A: 23 – 16;

o.14B: 20 – 20;

o.14C: 3 – 17; en

o.14D: 13 – 8

  • Hokkie

seuns: o.19A: 0 – 1;

o.18B: 3 – 8; en

o.16A: 2 – 5;

dogters: o.18A: 2 – 1;

o.18B: 0 – 1;

o.16A: 0 – 5; en

o.16B: 0 – 2.

In tennis het die meisies met 3 – 6 verloor; en die seuns met 9 – 0 gewen.

In pluimbal het Diamantveld met 12 – 2 gewen.

  • Die volgende kragmetings in die reeks, waarin Diamantveld betrokke is, word op 24 April in Kimberley teen die Hoërskool Fichardtpark van Bloemfontein gespeel.

You need to be Logged In to leave a comment.