Clinton Britz (links) van die Hoërskool Diamantveld.
Clinton Britz (links) van die Hoërskool Diamantveld se eerste rugbyspan, met Jaydrain Jacobs langs hom.

In die laaste ronde van vanjaar se Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks het die Hoërskool Diamantveld se eerste rugby- en netbalspan dié van die Hoërskool Trio van Kroonstad laat les opsê, terwyl Diamantveld se eerstehokkiespanne in die stof gebyt het.

Tydens dié wedstryde op Saterdag 2 Augustus in Kimberley, het slegs een rugbyspan van Diamantveld nié as wenners afgestap nie, terwyl al sy netbalspanne gewen het. In al die hokkiewedstryde het Trio hul staal as wenners gewys.

Die eersterugbyspan van die Hoërskool Diamantveld het as wenners van die veld afgestap tydens die naweek se Wesgrow-wedstryd teen die Hoërskool Trio. Keanu Metler het planne met die bal, terwyl Hennie Swanepoel en JG van Heerden hom ondersteun.
Die eersterugbyspan van die Hoërskool Diamantveld het as wenners van die veld afgestap tydens die naweek se Wesgrow-wedstryd teen die Hoërskool Trio. Keanu Metler het planne met die bal, terwyl Hennie Swanepoel en JG van Heerden hom ondersteun. Foto’s: Verskaf

Volgens schoolboyrugby.co.za is Diamantveld in 2018 en 2024 as rugbykampioene gekroon. In 2019 was die Bethlehem Voortrekker Hoërskool (BVHS) wenners, in 2022 was BVHS en Hoërskool Witteberg gesamentlike wenners, en in 2023 was dit die Hoërskool Fichardtpark se beurt.

Die res van die naweek se uitslae is soos volg, met Diamantveld se telling eerste:

■ Rugby:

eerstespan: 38 − 10;

o.19B: 26 − 5;

o.19C: 48 − 12;

o.16A: 40 − 22;

o.16B: 0 − 27;

o.15A: 29 − 26;

o.15B: 33 − 24;

o.14A: 26 − 12; en

o.14B: 43 − 0.

■ Netbal:

eerstespan: 36 − 19;

o.19B: 28 − 18;

o.19C: 18 − 15;

o.16A: 31 − 13;

o.16B: 28 − 7;

o.15A: 23 − 10;

o.15B: 36 − 5;

o.15C: 19 − 12;

o.14A: 32 − 10;

o.14B: 26 − 11; en

o.14C: 18 − 9.

■ Hokkie, meisies:

eerstespan: 2 − 7;

o.19B: 0 − 5; en

o.16A: 0 − 5.

■ Hokkie, seuns:

eerstespan: 1 − 5; en

o.16A: 0 − 2.

dummy text

You need to be Logged In to leave a comment.