Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Diamantveld in Kimberley het sy segetog in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks voortgesit toe hy die span van die Hoërskool Fichardtpark van Bloemfontein met 41 – 12 geklop het.
Wedstryde in rugby, netbal en hokkie tussen die twee skole het onderskeidelik op 22 en 24 April in Kimberley plaasgevind.
In die kragmeting teen Fichardtpark het Diamantveld al sy rugby- en netbalwedstryde gewen, terwyl dit slegs die meisies se eerste hokkiespan was wat in dié sportsoort as die wenner van die veld getree het.
Die uitslae is soos volg, met Diamantveld telkens eerste genoem:
Rugby
o.19A: 41 – 12;
o.19B: 46 – 14;
o.19C: 34 – 0;
o.19D: 15 – 14 teen Landboudal o.19C;
o.16A: 29 – 24;
o.16B: 59 – 7;
o.15A: 26 – 10;
o.15B: 31 – 22;
o.14A: 43 – 14; en
o.14B: 35 – 0.
Netbal
o.19A: 30 – 22;
o.19B: 22 – 7;
o.17A: 21 – 14;
o.16A: 31 – 13;
o.16B: 30 – 6;
o.15A: 33 – 8;
o.15B: 41 – 3;
o.15C: 15 – 3;
o.14A: 23 – 12;
o.14B: 20 – 14;
o.14C: 13 – 10; en
o.14D: 25 – 3.
Hokkie
Hokkie: meisies (gespeel op 22 April):
o.18A: 1 – 0;
o.18B: 1 – 3; en
o.16A: 0 – 4.
Hokkie: seuns:
o.19A: 2 – 5;
o.18B: 0 – 4; en
o.16A: 0 – 3.
- Die volgende wedstryde in die reeks, waarin Diamantveld betrokke is, vind op 18 Mei teen die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein plaas.

