Wen ‘n boek!

’n Suksesvolle psigiater met ’n knalgeel Porsche en ’n steriele huwelik ontmoet ’n beeldskone musiekstudent. Onbeheersde kragte begin uitspeel wat sy lewe bedreig. Hy word ’n geliefde. Beskuldigde. Slagoffer.


Dawid Neethling is ’n suksesvolle psigiater in Stellenbosch met ’n deeltydse pos by die universiteit, ’n knalgeel Porsche en ’n steriele huwelik.

Wanneer die beeldskone musiekstudent Eva Rodriguez sy pasiënt word, kan hy hom nie indink langs watter paadjies sy hom sal laat loop nie.

En dan begin onbeheersde kragte uitspeel wat uiteindelik sy eie lewe sal bedreig.

Wen 'n boek!

Een leser kan dié nuwe boek van Francois Smuts wen.

Een leser van Noordkaap het ‘n kans om dié nuwe boek van Francois Smuts, Slagoffer, te wen deur een vraag te beantwoord. Die boek is deur Queillerie uitgegee en deur NB-Uitgewers geskenk.

Die enigste voorwaarde is dat die boek in Kimberley afgehaal moet word.

Vraag: Wat is die musiekstudent se naam?

Stuur die antwoord voor of op Vrydag 7 Augustus om 16:00 na helena.barnard@volksblad.com of stuur ‘n “message” na die Facebook-blad Noordkaap koerant.

 

You need to be Logged In to leave a comment.