Wen 'n boek!

Een leser van Noordkaap het ‘n kans om die nuutste boek van Jaco Fouché te wen.

Aanspreeklikheid, deur Jaco Fouché

 Jaco Diehl woon in Hermanus. Hy word getuie van
‘n poging tot moord op sy buurvrou, en geleidelik word hy betrek by ander dade
van geweld: eers in Hermanus, maar later ook in Somerset-Wes en eindelik in
Kaapstad. Sy lewe is aan die disintegreer, en dit lyk nie of hy regtig
omgee nie. Die hoofkarakter sleur ons al dieper mee in ‘n doolhof. Wie is
aanspreeklik vir die moorde, en wat is die waarheid? Of word ook die waarheid
‘n storie, ‘n verdoeseling wat nes Jaco nie vertrou kan word nie?  

 Aanspreeklikheid was die naaswenner van NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd,
2018. Die boek is ‘n fassinerende ondersoek na aandadigheid en die waarhede wat
‘n mens jouself kan wysmaak.

  •  Een leser van Noordkaap het ‘n kans om ‘n kopie

    van die boek te wen deur een vraag te beantwoord. Dié boek is deur Human &

    Rousseau, ‘n druknaam van NB-Uitgewers, geskenk.
  • Stuur die antwoord voor of op Vrydag 17 Julie

    om 16:00 na helena.barnard@volksblad.com

    of stuur ‘n “message” na die Facebook-blad Noordkaap koerant. Die enigste

    voorwaarde is dat die boek in Kimberley afgehaal moet word.
  • Vraag: Wat is die ooreenkoms tussen die karakter se naam

    en die skrywer se naam?

 

You need to be Logged In to leave a comment.