Is jy sportief of weet jy van iemand in jou skool wat goed vaar op die sportgebied? Is jy besig om jong mense sport-aktief te kry by jou skool, gemeenskap of by die gimnasium? Ons wil graag van jou hoor.
In 2008 het Z PR en SuperSport se Let’s Play-inisiatief die behoefte onder jong mense geïdentifiseer om meer aktief betrokke te raak by sport. Met dit in gedagte het SuperSport en Let’s Play in samewerking met Kalahari Bulletin ’n spesiale geleentheid op die been gebring.
Ons wil jong mense van laer- of hoërskole vind en aan dié erkenning gee wat goed vaar in sport of wat ander jong mense help om meer sport-aktief te wees.
Die SuperSport’s Let’s Play Sportster van die Maand is ’n maandelikse kompetisie wat oop is vir enigiemand van 6 tot 18 jaar.
Jy kan jouself benoem of benoem word deur ’n vriend, onderwyser of selfs jou afrigter. Jy kan selfs benoem word deur familie, ’n vriend of iemand wat weet hoe goed jy in sport vaar.
Die wenner word op ’n maandelikse basis gekies uit al die benoemings wat ons ontvang.
Die maandelikse wenner ontvang ’n Let’s Play-geskenkpakkie en word dan ook op die Let’s Play-webwerf geplaas.
Van al die inskrywings wat ons per maand ontvang, sal een inskrywing gekies word as die SuperSport Let’s Play Sportster van die Maand.
Teen die einde van die jaar sal daar een algehele wenner gekies word vanuit die maandelikse wenners en hy/sy sal benoem word as die SuperSport Let’s Play Sportster van die Jaar.
’n Algehele jaaropsomming van alle sportprestasies word in die middel van November gedoen voordat die wenner gekies word.
Let’s Play is ’n initiatief om ’n gesonde leefstyl en ontwikkeling by skole deur spel en sport aan te moedig.
Elke skool het vir seker talentvolle sportmanne of -vroue. Moenie skaam wees nie, stuur vir ons jou benoeming vandag.
Benoemings ontvang voor die 20ste van die maand, sal ingesluit word by ’n spesifieke maand se benoemings.
Benoemings wat ná die 20ste ontvang word, sal oorgedra word na die volgende maand.
Die SuperSport Let’s Play Sportster van die Maand-wenners sal gekies word van Februarie tot begin November 2017.
Jou benoemings moet die volgende insluit: jou naam, ouderdom en ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) oor wat jy op sportgebied bereik het, asook jou kontakbesonderhede.
- Voorbeeld: Naam: ) Ouderdom en graad:) Skool se naam: ) Wat jy op sportgebied bereik het (200 woorde of minder):) Kontaknommer of adres:
Jy kan jou benoeming per e-pos na supersport@zpr.co.za stuur of faks na 086-552-4922. Vir meer inligting, bel vir Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051-522-9574.