Twee lesers van NoordkaapBulletin staan ’n kans om dubbelkaartjies te wen om Saterdagaand (24/09) ’n vertoning van Elandré en Karlien by die Flamingo Casino in Kimberley by te woon.
Elandré het as 19-jarige by die Waterfront-teaterskool in Kaapstad studeer en het bekendheid verwerf nadat hy ’n video van sy vertolking van “Tougher than the Rest” van Bruce Springsteen op sosiale media gelaai het. Die video is oornag meer as 100 000 gekyk.
“Vuur op die water”, “Hand aan hand”, “Tussen die lakens” en “Lieflik” is van sy bekendste liedjies.
Van Karlien, wie reeds talle pryse en benoemings ontvang het, se bekendste liedjies is “Dans in die reën”, “Geskeurde jeans” en “Hande”.
Dié sussie van Bobby van Jaarsveld het in 2005 saam met hom as kitaarspeler en agtergrondsanger begin optree. Sy het later haar eie koers ingeslaan en naam vir haarself gemaak. Karlien het ook in die Afrikaanse fliek “Platteland” as aktrise opgetree.
Die waarde van elke kaartjie wat vir Saterdagaand se vertoning gewen kan word, is R200.
Die vertoning begin om 19:00, maar die hekke maak reeds om 16:00 oop. ’n Kontantkroeg en kosstalletjies sal beskikbaar wees. Die vertoning word deur Kimberley Events aangebied.
Om in te skryf vir die kompetisie, vertel in een sin in watter tipe nuus jy die meeste belangstel.
Stuur jou antwoord, naam, van en kontaknommer voor of op Vrydag (23/09) om 15:00 na noordkaap@media24.com
Die wenners sal telefonies in kennis gestel word.


