“Stadige vordering” vind plaas om lekplekke aan stukkende waterpype in Warrenton te herstel. Ná ses maande sonder water “het die water gekom, maar die krane bly leeg,” sê ’n inwoner. Intussen sê Marie Sukers, ACDP-LP, dat inwoners se petisie en noodkreet oë vanaf die nasionale wetgewer op die dorp se wankelende water-en-sanitasie-projekte geplaas het. ’n Volledige verslag word versoek van al die geld wat sedert 2017 op dié projekte in die dorp bestee is.

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM