Akute wanvoeding het die lewe van 110 Noord-Kaapse kinders jonger as vyf jaar oud, uit 1 600 hospitaalopnames oor die afgelope drie jaar, geëis.

Dié feit is afkomstig van ’n antwoord op ’n skriftelike vraag wat die DA aan die LUR van gesondheid, Maruping Lekwene, gerig het.

In ’n verklaring doen die party ’n dringende beroep op die Noord-Kaapse provinsiale regering om die ernstige akute wanvoeding-krisis aan te spreek.

Dié krisis is glo nie nuut in die provinsie, nie: In 2020 het die Nasionale Instituut vir Gesondheid die Noord-Kaap as die provinsie geïdentifiseer wat die ergste deur ondervoeding in Suid-Afrika geraak is, met 19% wat wegkwyn en 18,8% wat oormatige gewigsverliese ervaar.

Karen Jooste, DA-LPW en provinsiale woordvoerder vir maatskaplike ontwikkeling, sê die departement van gesondheid en maatskaplike ontwikkeling moet operasionele gapings uitwis en saamwerk om wanvoeding en voedselonsekerheid aan te spreek, veral in die brandpunte van die provinsie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article