Te midde van ’n hittegolf in Kimberley wag inwoners van die Marikana-woongebied in Galeshewe op Vrydag 24 November vir wateraflewering deur die Sol Plaatje-munisipaliteit ná nog ’n onbeplande watertoevoer-onderbreking, wat sedert Dinsdagmiddag geduur het. ’n Ligte reënbui het Donderdagaand oor dele van Kimberley uitgesak, maar dit was skaars genoeg om ’n emmer te vul. Vir die res van die week, wat met maksimum temperature van tot 42 °C begin het, word ’n effens koeler gemiddelde maksimum temperatuur van 34 °C vir Kimberley voorspel, met ’n kans van reën vir Sondag en Maandag. Vir Upington is die gemiddelde maksimum temperatuur 35,4 °C en vir Kuruman 32,8 °C. Ligte reën kan moontlik op Vrydag en Maandag in Kuruman uitsak, aldus die weerwebwerf yr.no.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article