Mense van alle ouderdomme, agtergronde en opvoedingsvlakke het iets in gemeen: die begeerte om gelukkig te wees.
Talle boeke oor geluk en die ware bron daarvan was al topverkopers, maar het dit jou werklik gehelp?
Die internet is besaai met goed wat jou kastig gelukkig sal maak. Die beste stappe en kitsoplossings vir ware geluk is al voor groot gehore genoem.
Maar het dit jou werklik gelukkig gemaak?
Daar is immers niks nuuts onder die son nie.
So wat kan ek jou oor die geheim van geluk leer? Wel, seker niks – maar om te probeer sal beslis nie skade aanrig nie.
Geluk is nie iets wat jy aan die einde van jou lewenspad gaan vind nie.
Dit beweeg elke dag saam jou.
Mahatma Gandhi het gesê: “Ware geluk is wanneer dit wat jy dink, wat jy doen en wat jy sê in harmonie is met mekaar.”
Geluk is ’n ingesteldheid.
Of jy nou jouself diep ongelukkig of baie gelukkig maak – dit verg dieselfde hoeveelheid werk.
As ons die dag die lotto wen, sal ons waarlik gelukkig wees – of so glo baie mense.
Tog kan al die geld in die wêreld nie ware geluk koop nie.
die tel alles in jou lewe wat geen geld in die wêreld kan koop nie.
Wat is die geheim van ware geluk?
Die 32ste president van Amerika, Franklin D. Roosevelt, het gedink hy weet: “Ware geluk lê in die vreugde wanneer jy iets bereik.”
Die wêreldberoemde Amerikaanse pastoor T.D. Jakes deel hierdie siening. “Vordering is gelyk aan geluk,” meen hy.
Ons glo vas ons sal gelukkig wees as ons net daai graad op universiteit kan verwerf. As ons net daardie duur, blink motor kan koop, sal ons gelukkig wees. Of as ons net daai bevordering kry.
Tog het baie van ons dit alles reeds bereik – en steeds is daar ’n leemte; ’n soeke na ware geluk.
Alles rondom ons verander voortdurend. So ook ons elkeen se unieke behoeftes.
Tog bly hierdie soeke na ware geluk onveranderd.
Sodra ons uiteindelik ’n groter huis het en ’n swembad aangebring het, is daar net weer ’n honger na iets anders wat ons glo ons werklik gelukkig sal maak.
As jy ware geluk wil proe, koppel dit aan ’n doelwit – nie aan mense of dinge nie. – Edward Smit