Nรก vyf jaar is die Yonder Hartsfees steeds deel van verrigtinge in die Frances Baard-distriksmunisipaliteit, met meer as 24 000 besoekers.

Die hoofdoel van die fees, wat van Donderdag 4 September tot Sondag 7 September plaasvind, is bewusmaking van die behoeftes en omstandighede van die persoon wat met ‘n gestremdheid leef. ‘n Bykomende doel is om ‘n inkomste te bekom vir finansiรซle volhoubaarheid van diรฉ instelling wat deel van die Noord-Kaaplandse Geestesgesondheidsvereniging is.

Dit bly ‘n uitdaging om die persoon met ‘n gestremdheid in die samelewing te integreer, werk vir hulle te skep en hul produkte wat in beskermde omstandighede vervaardig is te koop aan te bied.

‘n Groot toevoeging tot vanjaar se Yonder Hartsfees is die loopbaan-uitstalling van verskeie instellings, onder meer Standard Bank en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). Leerlinge kan die interessante aanbiedinge besigtig wat moontlikhede vir die jeug bied.

Nog ‘n toevoeging is die verbeterde uitstalruimtes. Baie aandag en tyd is bestee om ‘n rustige omgewing te skep, met ‘n koffiestasie. Die wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks word tydens die fees op ‘n groot skerm van 2mx3m vertoon, met ‘n plaasontbyt voor die wedstryd. Met rustyd vind prystrekkings plaas.

Die ouer-kind-braaigeleentheid vind die Sondag om 11:00 plaas. Dit is die ideale geleentheid vir ouers om bande met hul kinders te verstewig. Alle bestanddele word voorsien. Prettige vermaak sal gedurende die braaiery gebied word. Kinderland word ook vanjaar verbeter en uitgebrei, met ‘n groot verskeidenheid springkastele en stampkarre.

Alle kaartjies is op Open Tickets beskikbaar, of kan by die hekke gekoop word. Let op na die weekpakkette wat beskikbaar is teen ‘n spesiale prys.

Besoek die Facebook-blad Yonder Hartsfees vir meer inligting.

โˆ’ Jannie van Zyl, feesdirekteur

  • NoordkaapBulletin is die gedruktemediaborg van die fees.

You need to be Logged In to leave a comment.