Yonder Hartsfees
Die Yonder Hartsfees vind van 4 tot 7 September plaas. Foto: Facebook

Reรซlings is in die pylvak vir die Yonder Hartsfees, die opwindende familiefees wat slegs eenmaal per jaar aangebied word.

Dit vind van Donderdag 4 September tot Sondag 7 September in Kimberley plaas, en is die enigste in die omgewing wat op diรฉ skaal vir oud en jonk aangebied word. Vanjaar is die tema: “Elke hart vertel โ€˜n storie”.

Die fees dien as ‘n geldinsamelingsgeleentheid om die finansiรซle volhoubaarheid van die Yonder-sentrum te verseker – ‘n sentrum met verskeie werkswinkels waar volwasse persone met gestremdhede vaardighede aanleer en produkte vervaardig. In die Yonder Experience-tent word van diรฉ produkte te koop aangebied.

Vaardighede en produkte van ander plaaslike kunstenaars, soos van onder meer Platfontein, word ook demonstreer en te koop aangebied.

Musiek, aktiwiteite vir elke smaak, ouderdom

‘n Musiekprogram is deur plaaslike musikante vir Donderdagaand saamgestel, en word met optredes deur Early B en Justin Vega afgesluit. Dit word deur Flamingo Casino geborg. Vrydagaand tree Spoegwolf op, en Saterdagaand Black Byrd.

Saterdagoggend se rugbywedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks word op die feesterrein op ‘n groot skerm vertoon, aangebied met ‘n ontbyt om van te droom: skaapstertjies, lewer en netvet, en roosterkoek as enkele van die geregte op die spyskaart. Geluktrekkings deur Beefmaster en ander vind plaas, asook ‘n gelukbringerkompetisie gedurende halftyd.

Sondag kan ‘n ouer-en-kindspan teen ander spanne in ‘n braaikompetisie vir die wisseltrofee meeding. Deelname beloop R150 per span en sluit toegang vir twee persone in en alle geregte wat gebraai word – boonop met die kans om van die ander pryse in te palm.

‘n Loopbaanuitstalling vir leerlinge word vir die eerste keer aangebied waar waardevolle inligting bekom kan word.

Moenie vergeet van die sterkman- en toutrekkompetisie, asook die bulletjierugby op die arena. Die gebruiklike kosstalletjies, vloeibare verversings, uitstallers en veilige omgewing is tot elkeen se beskikking. Soos voorheen sal kinderland en die pretpark met asemrowende ritte deel van die fees wees.

Maak gerus gebruik van die spoggerige toilette wat spesiaal vir die fees deur Vermeulens ontwerp en gebou is.

Parkering is volop by die hoofingang in Hendrik van der Bijl-straat in Kimdustria. Koop kaartjies aanlyn by Open Tickets – kyk uit vir die spesiale aanbieding van pakkette.

Besoek Yonder Hartsfees op Facebook vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.