Groot pret tydens Saterdag 5 Julie se Ysbeerswem buite Bloemfontein.

Die gewilde Ysbeerswem-uitdaging buite Bloemfontein, waarin deelnemers in die middel van die yskoue Vrystaatse winter hul swemklere (en tutu’s en kleurvolle pruike) aantrek en ter ondersteuning van liefdadigheid swem, was vanjaar groter as vantevore.

Felix Burri se jaarlikse Ysbeerswem, wat 30 jaar gelede begin het, is goed ondersteun met 114 dapperes wat vanjaar die eerste keer in die nuwe swemgat op Doringbos geswem het. Dit het saamgeval met die Bloem Agri Drags-geleentheid, met sowat 40 uitstallers, wat op die plaas naby die Krugersdriftdam aangebied is.

Van die dapper swemmers wat die Ysbeerswem-uitdaging op Doringbos aangepak het, is van links Pieter Nel, Johan Smith en Rohan Blignaut met sy seun, Zohan (7), dogter, Lea (9), en sy vrou, Zanelle. Foto: Lientjie Mentz

Burri sรช die Doringbos-swem is al vyf keer aangebied, maar weens die water in die Modderrivier wat nie vanjaar veilig was vir die Ysbeerswem nie, is daar besluit om ‘n ander plan te maak.

Charl Yssel, eienaar van Doringbos, sรช die swemgat is deel van die baan op die plaas waar bestuurders van viertrekvoertuie opgelei word.

“Toe Felix die gat sien, het hy dadelik gesรช dit gaan lekker werk.”

Drie dapper vroue met hul medaljes is van links Sheree Yssel, Chistelle Pienaar en Zani Nel.

Die gat van 30m lank is op sy diepste 2m diep en 3m wyd en is vir die Ysbeerswem met seil uitgevoer. Water is ingepomp sodat die water nie dieper as 1,5m in die middel was nie. Yssel sรช hy skat daar was sowat 1 000 mense.

Jacques Muller het op sy 36ste verjaardag aan die uitdaging op Doringbos deelgeneem.

“Die geleentheid is in die verlede op ‘n kleiner skaal op Doringbos aangebied,” sรช hy.

Felix Burri breek die ys met die heel eerste swem in Doringbos se nuwe swemgat.

“Ons beplan om dit volgende jaar weer aan te bied.”

Toeskouers kon om die swemgat staan en deelnemers aanmoedig.

Een van die swemmers was Emmie Fourie, wat die koue water aangedurf het namens haar vriendin, Elna Cloete. Elna het al vier Ysbeerswem-uitdagings aangepak, waarvan die een in Sutherland in 2023. Sy het daar aan die middernagswemgeleentheid deelgeneem, maar het probleme met haar pasaangeรซr ervaar en moes inderhaas na Bloemfontein teruggebring word.

Elana Cloete (62), ‘n gereelde Ysbeerswem-deelnemer, kon vanjaar nie swem, nie en vriendin Emmie Fourie het dit namens haar aangepak.

Sy het vanjaar ‘n rugoperasie ondergaan en kon nie swem nie, maar Emmie het namens haar deelgeneem. Elna se dogter, Elzanne, het boonop op die nippertjie besluit om haar ma te ondersteun en het sommer in haar denimbroek en trui geswem.

Soos in die verlede was die soek-en-redding-vrywilligersorganisasie Sarza Vrystaat teenwoordig om swemmers se veiligheid te verseker. Dit is ook die begunstigde vir die dag.

Burri sรช alles verloop glad vir vanjaar se laaste geleentheid, op 12 Julie in die Roggekloof-reservaat buite Sutherland.

Die Upmarket Tribe se swemmers is van links Emarie Pretorius, Lourenza van der Berg, Cornรฉ Mybrugh, Desiree Heyns, Laura van Wyk en Chris Greyling.

You need to be Logged In to leave a comment.