Karin van der Walt (voor) en haar naaldwerkstudende met die sweetpakbaadjies wat hulle vir Die Ark gemaak het. Die studente is van links Ororiseng Moshega, Refilwe Sathu, Doreen Mabhudi, Dimpho Jantlwe, Boitumelo Leero, Violet Morale, Dineo Maamogwe en Otshepule Pitso.

Foto’s: Verskaf

Die jaarlikse Winterhoop-projek van die Vrouelandbou-vereniging (VLV) se Kuruman-tak het behels dat sweetpakbaadjies aan Die Ark in Kuruman geskenk is.

Die Ark huisves hulpbehoewende mense vir kort tydperke, en past. Gert Kriel sien na hul geestelike welstand om. Vir die Winterhoop-projek het Karin van der Walt, opvoeding- en kultuursameroeper van die Kuruman-tak, aangebied dat sy en haar naaldwerkstudende sweetpakbaadjies maak.

Die VLV Kuruman-tak, wat met elke VLV-vergadering wegneemetes verkoop, het saam met geldskenkings van lede twee maal die wegneemetes se inkomste gebruik om materiaal vir die projek te koop.

Past. Gert Kriel ontvang die sweetpakbaadjies namens Die Ark. Dit is deur Karin van der Walt namens die VLV Kuruman-tak oorhandig.

Hierdeur kon 18 sweetpakbaadjies gemaak word.

Van der Walt en haar studente het hard gewerk om al 18 klaar te kry sodat dit tydens die openbare sake-vergadering in Julie aan Kriel oorhandig kon word.

’n Totaal van 18 sweetpakbaadjies is gemaak en geskenk.

You need to be Logged In to leave a comment.