’n Vrou van
Hondeklipbaai in die Noord-Kaap wat na bewering haar eie baba dogtertjie
doodgemaak het verskyn more in die periodieke hof in Garies.
Chirelda Lombard (32) is Maandag 22
Oktober 2018 in hegtenis geneem nadat die kind in September 2018 op die dorp se
vullishoop gevind is.
Volgens kapt. Sergio Kok, ’n
polisiewoordvoerder, het die baba erge kopwonde gehad en is sy in ’n swart
plastieksak toegedraai.
Sy is glo deur
vullissorteerders gevind.