Nicole Joanne Bezuidenhout (28) van Upington is dood en nog sewe mense, onder wie ses kinders van drie tot 16 jaar oud, is beseer toe twee voertuie Maandag omstreeks 07:00 by die Sandile Present-biblioteek in Upington reg van voor gebots het.

Die polisie in Upington ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat die VW Polo en Nissan Qashqai gebots het, sê sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder.

Bezuidenhout was alleen in die Polo en sy is op die toneel dood verklaar.

You need to be Logged In to leave a comment.