Die Gamagara-munisipaliteit het glo ’n kontrakteur van Mafikeng in die Noordwes ontbied om ’n rioolverstopping naby die Laerskool Kathu op te los.

Anna-Marie Caetano, DA-raadslid, sê in ’n verklaring dat dit glo R60 000 gekos het, terwyl plaaslike kontrakteurs dit teen ’n breukdeel van die prys kon oplos. Die Noordwes-kontrakteur moes ’n afstand van meer as 400 km aflê, maar die verstopping is op die einde danksy die optrede van twee plaaslike maatskappye opgeklaar.

Caetano sê die party vra vrae oor die verhouding tussen die munisipaliteit en die Mafikeng-maatskappy.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article