Twyfelhoekie: Vrae altyd meer as antwoorde

Ons sit en gesels oor die nuwe jaar. Oor alles wat wag. Alles wat onseker is.


Ons sit en gesels oor die nuwe jaar. Oor alles wat wag. Alles wat onseker is.

Die vorige jaar was rof, dog mooi. Die nuwe jaar sal ook so wees. Baie dinge, mooi en lelik.

Retories sê ek: “ ’n Mens het nie al die antwoorde op alles nie.”

“Ja,” sê sy. “Maar dit is ’n ding van die lewe.”

Ek probeer verstaan wat sy bedoel. “Wat is ’n ding van die lewe?”

Die vrae, antwoord sy. Die vrae is altyd meer as die antwoorde.

Ons sal nooit ’n punt bereik waar ons meer antwoorde as vrae het nie.

Daar sal altyd baie vrae in hierdie lewe van ons wees.

Haar antwoord is nogal ’n groot waarheid. Ons het te veel vrae. Te min antwoorde. Daarom doen ons wat ons kan met wat ons het. Ons hoef nie al die antwoorde te ken nie.

Ons hoef nie by al die vrae stil te staan nie.

Ook in hierdie nuwe lewensjaar sal daar meer vrae as antwoorde wees – maar laat ons begin met wat ons kan. Laat ons werk waar ons geroep is.

Die antwoorde op die vrae kan ons maar stuk-stuk kry.

Hoewel ons al die antwoorde op al die vrae wil hê, is dit nie nodig nie.

Voorspoed vir die nuwe jaar. Al het jy baie vrae en min antwoorde.

Tot die antwoorde kom, begin solank.

You need to be Logged In to leave a comment.