By die Hoërskool Duineveld is van links Jacques Pretorius, dr. Rooies Adrianatos (skoolhoof) en Chad du Plessis.

Foto: Verskaf

Op Internasionale Melktertdag het lede van die Olyvenhoutsdrift-Voortrekkers van Upington onderwysers van verskeie skole verras deur ’n melktert of melkterte by die skole af te lewer.

Hoewel die melkterte wat op 27 Februarie oorhandig is, op bestelling gebak is, het die Voortrekkers hul eie melktertresep by die skenking gevoeg.

Die Laerskool Oranje-Noord, Laerskool Op die Voorpos, Voorbereidingskool Fanie Malan, Hoërskool Upington en Hoërskool Duineveld se onderwysers kon op dié dag die lekkerny geniet.

Met die melkterte vir die Voorbereidingskool Fanie Malan en die Laerskool Op die Voorpos is Gustav Smits (links) en André Smits, by Ronel Janse van Rensburg.

By die Laerskool Oranje-Noord is van links Merieke van den Bergh, Sias van Rooyen (skoolhoof) en Phillip Bergh.

By die Hoërskool Upington is van links J-Ell Slabbert (skoolhoof), Megan Greyling, Walt van der Walt en Jacques Swanepoel.

You need to be Logged In to leave a comment.