Die Kalahari Bulletin in sy huidige formaat gaan nie weer op die rakke gesien word nie.
Toe ek op 1 Desember verlede jaar as redakteur in Kuruman begin het, het ek hier tuis gevoel.
Die gemeenskap van die Kalahari het my met ope arms verwelkom en ek het ’n droom gehad om die koerant na hoër hoogtes te neem.
In this short time I have met wonderful people with beautiful stories.
I feel my heart swell every time I think of the amazing locals that are trying to rebuild their broken communities.
Like the community members of Promise Land who started their own neighbourhood watch to stop their neighbourhood from being destroyed by crime.
Then there are many officers like Sgt Ben Eiman who goes out of his way to assist members of the community at any time, even while on annual leave.
Daar is die besonderse lede van die Vroue-Landbouvereniging wat hoop aan boere gee en verseker dat die gemeenskap die blink kant van die lewe sien.
Terwyl die meeste mense verby haweloses loop en maak asof hulle nie honger straatkinders sien nie, het dié mense in Lydia Cock se hart gekruip.
Sy wil vir die straatkinders, wat tot nou toe nog nooit ’n liefdevolle huis gehad het nie, ’n huis gee waar hulle veilig en gekoester kan voel.
There are so many others that I wish I could mention. Their stories could fill a book.
Dit is vir my ’n ongelooflike groot voorreg om julle stories te kon vertel.
Thank you for making me feel part of the team.
As the saying goes, “Goodbyes are not forever, Goodbyes are not the end. They simply mean I’ll miss you, until we meet again.”