Die SAPD verskaf die volgende veiligheidswenke en voorsorgmaatreëls om voorvalle van voedselbesmetting en -vergiftiging te voorkom en te vermy.
Verbruikers, en in sommige gevalle winkeleienaars, kan ag slaan op die volgende:
- vermy die koop en verbruik van voedsel sonder etikette;
- moet nooit blikkies of glasbottels met duike, krake of bultende deksels koop nie;
- moenie voedsel koop wanneer omhulsels of houers oop of beskadig is nie;
- moenie voedsel gebruik waarvan die vervaldatum reeds verby is nie;
- kontroleer vervaldatums op voedseletikette;
- moenie water wat gebruik word om gereedskap, kos of hande te was, hergebruik nie;
- verkort die tyd dat voedselprodukte uitgestal word en hou dit beskerm teen stof;
- areas waar voedsel berei word, moet skoon en higiënies wees;
- voedselafval moet so gou moontlik uit die voedselbereidingsruimtes verwyder word;
- stel maatreëls in om te voorkom dat plae voedsel besoedel tydens berging en voorbereiding;
- beskerm kombuisruimtes en kos teen insekte, plae, rotte en ander diere;
- kook kos deeglik, veral vleis, pluimvee, eiers en seekos;
- verhit gekookte kos deeglik – moenie gekookte kos vir langer as twee uur by kamertemperatuur laat nie; en
- verkoel alle gaar en bederfbare kos dadelik.
Meld voorvalle betreffende voedsel via die My SAPS-toepassing of by 08600-10111 aan, sê kol Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder.


