Diensjaarknopies is oorhandig aan, van links, Tilly Terblanche (55 diensjare), Elsabé Hennig (35), Erika Sieberhagen (10) en Fransie Scanlen (15).

Foto: Hettie du Plessis-Krüger Credit: SYSTEM

Aan die einde van verlede jaar het die Kuruman-tak van die Vrouelandbouvereniging (VLV) sy prysuitdeling aangebied.

Punte vir die VLV-jaar, van 1 Oktober 2022 tot 30 September 2023, is in aanmerking geneem vir die oorhandiging van eerbewyse.

Afdelingwenners

  • blommerangskikking, gevorderd: Ansie Cilliers;
  • blommerangskikking, beginners: Alta Roets;
  • Uit my tuin: Roets;
  • kookkuns, gebak: Tinkie Erasmus, wat ook die wenner in die gebottelde afdeling is;
  • handvlyt: Fransie Scanlen (wat reeds talle jare opeenvolgend die eerbewys ontvang);
  • hekelwerk: Hannetjie Smit;
  • breiwerk: Scanlen, met spesiale erkenning aan Joey Botha en Maryke Strydom;
  • naald- en masjienwerk, beginners: Almonique du Plessis (13 jaar oud);
  • naaldwerk, gevorderd: Karin van der Walt;
  • wissel-afdeling (dasse-sak): Scanlen;
  • fotografie: Hettie du Plessis-Krüger, wat ook die eerbewys vir woordkuns wen;
  • beeldende kuns: Amelia Erasmus; en
  • Meeste my eie: Scanlen.

Ansie Cilliers het vanjaar drie nuwe trofeë geskenk: die VLV Maria, aan die voete van die Here, wat deur Anet Strauss ontvang is; die VLV Rut, lojaal, wat aan Lynn Nel gegaan het; en die VLV Ragab, altyd gereed om die reddingstou oor die muur te gooi, wat aan Roets oorhandig is.

Die Leefstyl-groep het die eerbe­wys as mees betrokke groep ontvang, en Rina Scheepers was die mees betrokke lid nie op die bestuur nie.

Die Gesondheidsgroep het drie bekers ontvang: vir die hoogste persentasie bywoning (73%); vir die meeste My eie; en vir die meeste inskrywings (244). Van links is, voor: Bessie Kriek, Alta Roets (saamroeper), Hettie Green, Fransie Scanlen en Emmie Cloete; agter: Rina Scheepers.

Zelda Lombaard (regs) ontvang die trofeë as lid wat die hoogste persentasie tydens die konferensie, asook tydens die kongres, behaal het. Sy ontvang die trofeë van Marianne Vorster, voorsitter van die VLV Kuruman-tak.

Diensjaarknopies is oorhandig aan, van links, Tilly Terblanche (55 diensjare), Elsabé Hennig (35), Erika Sieberhagen (10) en Fransie Scanlen (15).

You need to be Logged In to leave a comment.