Die Kuruman-tak van die VLV het oudergewoonte die poedingtafel behartig by die Mimosahof-tehuis vir bejaardes in Kuruman se gemeenskapsbasaar op Saterdag 24 Februarie, waar die gemeenskap kragte saamspan om geld vir Mimosahof in te samel. Die VLV-lede by die poedingtafel is van links Karin van der Walt (sameroeper: opvoeding en kultuur), Sona Uys, Marianne Vorster (voorsitter) en Petro Spangenberg (sameroeper: kunste en handvlyt).

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM