Voorsitter Marianne Vorster met die wentak-trofee.

Foto: Verskaf

Die VLV se Kuruman-tak is met 3 918 punte as 2022 se wentak op die jaarlikse VLV Kalahari-sirkelkonferensie aangewys.

Op dié onlangse geleentheid by die Klondike Lodge buite Vryburg het die tak ook die volgende eerbewyse ontvang:

Meeste artikels ingeskryf (48 artikels);

die H. Verster-trofee vir takreaksie;

L. Saaiman-trofee vir finansverslag;

Lenie Combrinck-trofee vir reklame;

Annelize Marx-trofee vir tak wat die meeste nuwe lede gewerf het; en

die G.E. Smith-trofee vir tak met die meeste punte.

Lede het dié prestasies behaal:

Hekelwerk beginners: Erika Engelbrecht (eerste).

Hekelwerk gevorderd: Amelia Erasmus (1ste en 3de); en Maryke Strydom (2de).

Breiwerk gevorderd: Amelia Erasmus (1ste).

Masjienwerk beginners: Rina Scheepers (1ste); en Karin van der Walt (3de).

Masjienwerk gevorderd: Arina Beukes (1ste).

Weefwerk beginners: Arina Beukes (1ste); en Fransie Scanlen (2de).

Wissel-afdeling beginners: Fransie Scanlen (1ste en 3de); Karin van der Walt (2de).

Wissel-afdeling gevorderd: Zelda Lombaard (1ste); en Arina Beukes (3de).

Fotografie: Zelda Lombaard (1ste); en Hettie du Plessis-Krüger (2de en 3de).

Woordkuns: Hettie du Plessis-Krüger (1ste); Petro Spangenberg (2de); en Liza Burger (3de).

Handvlyt: Liza Burger (1ste); en Rina Scheepers (2de).

Beeldende kuns: Amelia Erasmus (2de); en Noeline du Toit (3de).

Blommerangskikking beginners: Alta Roets (2de); en Hettie du Plessis-Krüger (3de).

Gebottel: Elsabé Hennig (2de), en ook die derde plek in gebak.

Arina Beukes, sterlid vir 2022.

Amelia Erasmus (regs) ontvang die S. Nel-trofee vir lid met die hoogste persentasie, van sirkelpresident Corlie van Zyl.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article