Die A. Marx-trofee vir die tak met die meeste nuwe lede gewerf word deur Marianne Vorster (links, voorsitter) oorhandig aan nuwe lid Erika Engelbrecht en haar dogter, Marike (Volgende Voetspoor).

Foto: Verskaf

Die Kuruman-tak van die Vrouelandbouvereniging (VLV) is tydens die onlangse konferensie van die VLV Sirkel Kalahari as die wentak gekroon.

Trofeë en sertifikate is op Woensdag 20 Maart op die tak se byeenkoms deur voorsitter Marianne Vorster aan die lede oorhandig.

Die Kuruman-tak het die eerbewys ontvang vir die tak wat die meeste artikels vir die konferensie van 6 en 7 Maart ingeskryf het.

Rina Scheepers het die trofee ontvang. Scheepers het die eerste (85%) en tweede (84%) plek in die hekel-afdeling vir beginners gewen, die breiwerk-afdeling vir beginners met 80%, en in die gevorderde naaldwerk-afdeling het sy ’n derde plek met 83% behaal;

tesourier Janet West het die trofee vir die tak met vinnige akkurate finansiële verslaggewing ontvang; en

die A. Marx-trofee vir die tak met die meeste nuwe lede gewerf is deur nuwe lid Erika Engelbrecht en haar dogter, Marike, ’n Volgende Voetspoor, ontvang.

Engelbrecht het ’n derde plek (83,5%) in die handvlyt-afdeling met haar Shabby Chic-herinneringsboek behaal; en Zelda Lombaard die G.E. Smith-trofee vir die tak met die meeste punte tydens die kongres van 2023 ontvang.

Lombaard het in die wissel-afdeling met 85% vir haar oorgooikombers gewen.

Vanjaar se wissel-afdeling behels kwiltwerk.

Zelda Lombaard (regs) ontvang die G.E. Smith-trofee vir die tak met die meeste punte tydens die kongres van 2023. By haar is Marianne Vorster, voorsitter.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article