Vier lede van ’n vermeende Vrystaatse rowerbende wat glo ’n winkel in Boshof met ’n speelgoedgeweer beroof het, bly vir eers agter tralies.
Chantel Juanita van der Bergh (31), Heinrich George Schuin (43), Tommy Bothma (36) en Randy Langman Mapoe (37) het reeds vlugtig in die hof in Boshof verskyn. Van der Bergh en die drie mans is vasgetrek nadat ’n buitelandse sakeman op Vrouedag (9 Augustus) met ’n speelgoedvuurwapen in sy winkel gedreig en beroof is. Die rooftog het in die New Extension-woonbuurt by Seretse in Boshof plaasgevind.
Hulle sal weer Donderdag (25/08) in die hof verskyn, en moontlik om borgtog aansoek doen.




