Soek jy na iets om die tyd mee te verwyl terwyl jy tuis is tydens die nasionale staat van inperking?
Hier is ’n unieke en eenvoudige manier om jou eie boekrak te maak en jou besig te hou.

Lys van benodigdhede
2 dennehout-rakplanke 305 mm x 1 800 mm
25 mm-spaanderbordskroewe
Handboor
Sterboorpunt (Pozi bit)
Houtlym
Boorpunthouer (bit holder)
P100-skuurpapier
Verfkwas
Stain Rose Wood of enige ander tint
Dennehout-plamuursel
Ankerspykers / Hiltis 8 x 75 mm
Muurboorpunt 8 mm.
Die hout moet in 10 vierkante van 300 mm x 300 mm x 18 mm gesny word, waarvan een in die helfte gesny word. Elke helfte moet 150 mm x 150 mm x 18 mm wees.
Stappe:
Skuur die hout met P100-skuurpapier totdat dit glad is en geen splinters het nie.
Neem een 150 mm x 150 mm x 18 mm-vierkant, smeer gom op die lang lengte van die 18 mm.
Neem een van die 300 mm x 300 mm x 18 mm-vierkante en plak dit op die hout waar die gom gesmeer is, maar die vierkant moet plat wees as jy die hout regop hou.
Neem die twee 25 mm-spaanderbordskroewe en boor dit in elke hoek van die hout. Skroef dit aan die onderkant van die hout wat saam geplak word.
Neem nog ’n vierkant en plak dit aan die regterkantse sy van die plat vierkant. Maak seker die vierkant is aan die onderkant.
Neem nog ’n vierkant en plak dit aan die onderpunt van die regterkant. Maak ook seker dat dit plat lê.
Neem nog een vierkant en plak dit aan die linkerkant.
Onthou om gom te smeer voordat die twee skroewe aan elke kant ingeboor word.
Herhaal die proses totdat al die vierkante gebruik is en dit ’n sigsag vorm.
Jou boekrak moet vyf rakke hê, twee vierkante aan die regterkant en twee vierkante aan die linkerkant.
As jy nie seker is waar om al die voorraad te kry nie, kom kyk gerus by Lumber City in Kuruman en Upington.


