Die SolarButterfly, die wêreld se grootste sonkrag-aangedrewe voertuig, is onlangs deur Zero Carbon Charge by sy eerste van die netwerk af en ultra-vinnige elektriese voertuig- (EV) laaistasie buite Wolmaransstad in die Noordwes verwelkom. Die SolarButterfly is ’n Tesla Model X EV wat ’n mobiele huis sleep, wat toegerus is met 40 m² sonpanele. ’n Reis om die wêreld word met die voertuig onderneem om bewustheid te skep oor die bedreiging van aardverwarming en die belangrikheid om van fossielbrandstowwe na hernubare energiebronne oor te skakel. Die reis oor vier jaar het in Mei 2022 begin, en die beplanning is dat ses kontinente en 90 lande teen Desember 2025 besoek sal wees. Dele van Europa, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State is reeds besoek. In Suid-Afrika het die reis op 9 Februarie in Kaapstad begin, en talle bestemmings word besoek voordat dit op 10 Maart in Durban eindig. Die Wolmaransstad-laaistasie is deel van ’n netwerk van 120 laaistasies wat Charge beplan om oor die volgende 18 maande op sleutelroetes oor Suid-Afrika heen, insluitend die Noord-Kaap, te bou.

Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article