Februarie, die laaste maand van somer in die suidelike halfrond, het aangebreek. Die son verskyn reeds ’n tikkie later in die oggend, en sak effens vroeër met sonsondergang. Dit beteken egter nie dat somer se hitte verminder nie: Februarie is telkens die warmste maand van die jaar. Vir vandeesweek, tot Dinsdag, is die gemiddelde minimum temperatuur wat vir Kimberley voorspel word 19 °C en die gemiddelde maksimum temperatuur 35 °C. Vir Kuruman is dit onderskeidelik 19 °C en 36 °C, en vir Upington 20 °C en 37 °C. Valentynsdag op 14 Februarie is die warmste dag in dié dae, met ’n gemiddelde temperatuur van 40 °C. Reën word nie vir dié dae voorspel nie, aldus yr.no.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.