Werner de Jager, wat tereg staan weens die moord op sy vrou, ds. Liezel de Jager, word deur nog twee moordklagte in die oë gestaar. Dennis Delport berig die staat het op Maandag 5 Februarie in die landdroshof in Amanzimtoti aangevoer dat hy van moord eerder as strafbare manslag aangekla sal word weens ’n noodlottige ongeluk in April 2023 waarin twee vroue dood is. De Jager staan in die hof tereg op aanklagte van moord met voorbedagte rade ná die dood van sy vrou in Oktober 2021 in Amanzimtoti. Sy was vroeër ’n leraar in Kanoneiland naby Upington.

Foto: Dennis Delport Credit: SYSTEM