Pick n Pay Rhodesdene in Kimberley
Pick n Pay Rhodesdene in Kimberley het onlangs Vrouedag met ‘n kleurryke tema van pers, pienk en rooi gevier. Foto: Verskaf

Pick n Pay Rhodesdene in Kimberley
Pick n Pay Rhodesdene in Kimberley het onlangs Vrouedag met ‘n kleurryke tema van pers, pienk en rooi gevier − kleure wat die waardigheid, sagtheid en krag van vrouwees verteenwoordig. Die geleentheid het ‘n prettige kompetisie ingesluit waarin deelnemers hul “superpowers” in net tien woorde moes beskryf. Die wenner, Annie Buffel, het beïndruk met: “My courageousness, my womanhood, loving and caring.” ‘n Onafhanklike beoordelaar het die wenner gekies, en Buffel het ‘n geskenk ontvang, alles in die gees van waardering vir vroue. Op die vieringe is van links, voor: Jacqueline Modise, Elizabeth Kats, Deidre Prince en Patricia Matthews; middel: Magdalene Maubane, Eunice Maki, Anna Steytler en Jeanet Mothibi; agter: John-Henry Zeelie (takbestuurder), Hanna Venter (kliëntediens), Jennifer Links en Surika van Molendorff (administrasie, menslikehulpbronnebestuur). Foto: Verskaf
Annie Buffel ontvang haar geskenk. Foto’s: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article