Aan weerskante van die N8 tussen Groblershoop en Griekwastad strek die veld groen, terwyl wolke belowend op die horison saampak. Plek-plek is spatsels kleur, soos dié van Nerine laticoma, ook bekend as die vleilelie, gifbol, jeukui of seeroogblom, afhangend van die streektaal. Dié plant, wat van vroeg Januarie tot laat Maart blom, se blomme leef kortstondig. Dit kom veral in diep rooi sand voor.

Foto: Jacques Jansen van Vuuren

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article