Koperkabels met ‘n waarde van ongeveer R250 000 is op ‘n plaas naby Kuruman gevind. Diรฉ kabels is vermoedelik gesteel.

Beslag is Dinsdag 24 Junie op die kabels gelรช nadat inligting daaroor ontvang is.

Lede van die polisie se tweedehandse goedere kantoor, en van die Kuruman en Kathu polisiekantore, asook lede van die infrastruktuur taakspanne, MTN en Transnet was betrokke by die beslaglegging hiervan. Verskeie sakke met koperkabels is gevind.

Koperkabels gevind
Van die sakke met vermoedelik gesteelde koperkabels wat op ‘n plaas buite Kuruman gevind is. FOTO: Verskaf

‘n Saak van skade aan noodsaaklik infrastruktuur is geopen. Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie, maar die polisieondersoek duur voort, sรช lt.kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerder.

Daarbenewens het die taakspan nog sakke met koperkabels, ter waarde van R30 000 gevind. In hierdie saak is die bestuurder van die perseel ‘n boete van R3 500 opgelรช vir die oortreding van die wet op tweedehandse goedere.

Die taakspan het vanaf 24 tot 26 Junie verskeie voldoeningsinspeksies by handelaars in tweedehandse goedere uitgevoer.

Lt.genl. Koliswa Otola, provinsiale polisiekommissaris, het beklemtoon dat die beskerming van noodsaaklike infrastruktuur ‘n saak van voorkeur vir die polisie bly.

Lede van die publiek word versoek om enige inligting met betrekking tot soortgelyke misdade aan te meld deur die polisie se stop-misdaad nommer by 08600 10111 te bel, of deur die MySAPS app te gebruik. Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.

Koperkabeldiefstal

You need to be Logged In to leave a comment.