“Het die verwer die patroon by hierdie sebra se agterkant verloor, of het die sebra besluit om te hardloop terwyl die verf nog nat was,” wonder Leon Venter. Hy vertel sy seun, Lloyd, het November en Desember vanuit Frankryk kom kuier en hulle het by die Mokala- Nasionale Park besoek afgelê. By die voëluitkykpunt het diere soos elande, tsessebes en sebras kom water drink, en dié Burchell se sebra met die opvallend anders strepe aan sy flank was onder die diere. Burchell se sebra het strepe aan die kop, nek en flanke, terwyl die strepe laer af aan die bene al hoe ligter raak en selfs verdwyn.

Foto: Leon Venter

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article