Sondag (16/01) se laaste sonstrale kleur wolke agter die Honoured Dead Memorial in Kimberley in. Vyf roetes vleg by dié ikoniese baken en monument in ’n sirkel ineen. Verspreide donderbuie word tot Donderdag (20/01) in Kimberley voorspel, met verwagte dagtemperature van 30 °C. Vir Upington word sonnige weer met enkele wolke voorspel, met die kwik wat tot 36 °C kan styg. Vir Kuruman word verspreide donderbuie tot Donderdag voorspel, gevolg deur sonnige dae. Ook hier is die voorspelde dagtemperature nie hoër as 30 °C nie.

Foto: Jacques Jansen van Vuuren

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article