Hoewel blommetyd in Namakwaland en dele van die Noord-Kaap verby is, pronk blomme steeds plek-plek langs die paaie. Met dié kleurspel, en eerste somerreën wat verlede week verspreid voorgekom het, kan ’n mens Louis Leipoldt aanhaal toe hy gedig het: “Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand . . .”. Volgens die weerwebwerf yr.no word matige temperature vir Kimberley vir vandeesweek voorspel, met ’n minimum van gemiddeld 13 °C en ’n maksimum van gemiddeld 28 °C. Vir Kuruman is die voorspelling onderskeidelik 13 °C en 27,6 °C, en vir Upington 17,8 °C en 31,2 °C.

Foto: Jacques Jansen van Vuuren Credit: SYSTEM