Een van die gewildste rooskultivars is die wit Iceberg. Volgens tuinboukundige Alice Coetzee is Icebergs se weelderige, yswit blomme ’n lus vir die oog, en dien dit ’n praktiese doel met tuinontwerp. Dit verlig dowwe hoeke, breek harde kleure, lei die oog by byvoorbeeld ’n oprit, en dien as fokuspunt in ’n vaal bedding. Boonop kan dit, wanneer dig teenmekaar geplant, as heining of skerm dien. Laventelbosse en agapante, en ander pers- of bloukleurige blomme, vertoon besonder goed saam met dié yswitblomme, soos gesien in die milddadige roosbedding by Die Kefi op die pas afgelope Koeistalmark naby Barkly-Wes.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article