Op die jaarlikse dinee van die Tuli-beestelersgenootskap van Suid-Afrika, wat op 8 September aangebied is, is Christo Rothman van die Bushman’s Mountain Tuli-stoet, Gariepdam, as die vierde wenner van die Stefan van Wyk-wisseltrofee vir die Tuli-kudde van die jaar aangewys. Van Wyk was wyd in die landbougemeenskap bekend en was by Pro Agri betrokke. Van links is Ben Raath (president van die genootskap en vorige wenner van die trofee), Ilané van Wyk, Christo Rothman en Charné van Wyk. Ilané en Charné is wyle Van Wyk se dogters.

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM