Die Vereniging van Persone met Fisieke Gestremdhede, die APD-Frances Baard-distrik, het onlangs ’n vierdepleksertifikaat vir sy “super deelname” aan Loslitdag ontvang. Die sertifikaat is tydens ’n besoek van Loslitdag-verteen­woordigers van die hoofkantoor in Johannesburg oorhandig. Die weermag, polisie, skole en die Mediclinic Gariep is ook besoek waartydens die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremd­hede (NCPD) se dank en waardering uitgespreek is vir ondersteuning ontvang. Loslitdag is ’n nasionale projek van die NCPD. Met die oorhandi­ging van die sertifikaat is van links, voor: Dorothy-Anne Howitson (sekretaresse van die APD-Frances Baard) en Elsabe Snyman (persoonlike assistent vir Gabriel Hoffman) Credit: SYSTEM