Enkele ure nadat gewapende rowers ’n spazawinkel in Boshof op Vrouedag, 9 Augustus, beroof het, is vier verdagtes danksy die vinnige reaksie van die gemeenskap en die polisie op ’n grondpad aangekeer waar hul voertuig in modder vasgeval het.

Die buit en ’n speelgoedvuurwapen is glo in hul besit gevind.

Die vier verdagtes, 31 tot 43 jaar oud, het glo kort tevore ’n winkel in New Extension van kontant, selfone en sigarette beroof. Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, is hulle van sakeroof en die besit van vermoedelik gesteelde goedere aangekla.

Kaydene Davids

You need to be Logged In to leave a comment.