Verdagte vas ná man se skietdood

’n Man verskyn binnekort in die hof in Springbok ná ’n voorval waarin ’n boer Saterdag (08/01) op ’n plaas naby Witbank buite Klein Pella doodgeskiet is.


’n Man verskyn binnekort in die hof in Springbok ná ’n voorval waarin ’n boer Saterdag (08/01) op ’n plaas naby Witbank buite Klein Pella doodgeskiet is.

Volgens lt.kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, het die voorval plaasgevind nadat ’n rusie tussen die slagoffer en sy vrou ontstaan en die verdagte na bewering op hom geskiet het.

“Die boer en sy vrou was in ’n rusie betrokke toe die verdagte wou ingryp. Die boer is in sy bors geskiet en het op die toneel gesterf. Die verdagte is in hegtenis geneem. Enigeen met inligting kan AO Michael Rakhaba by 082-495-4789 bel.”

You need to be Logged In to leave a comment.