Kathu-veerpyltjieklub
Paul Groenewald (links) en Faan Maritz het elk twee 180’s gegooi. FOTO: Verskaf

Vanjaar se Pieter Fourie-veerpyltjie-toernooi was weer ‘n hoogtepunt. Dit is ‘n 18de keer in Bloemfontein aangebied, en twee spanne van die Kathu-veerpyltjieklub het meegeding.

Die Kreapers-mansspan en die Mygestic4-vrouespan was twee van die 33 spanne van oor die land heen wat hulle vir die toernooi van 5 tot 7 Desember ingeskryf het.

Kathu-veerpyltjieklub
Die Mygestic4 van die Kathu-veerpyltjieklub is van links Angela van Vuuren, Anna-Marie Esterhuizen, Zelda Janse van Vuuren en Yvonne Ray. FOTO: Verskaf

Altesaam 23 mansspanne, 8 vrouespanne en 2 junior spanne het deelgeneem. Ook het 100 mans hulle vir die enkelspel ingeskryf, en 49 pare vir die dubbelspel.

Vrydagaand het die preliminรชre rondte en kenmekaar-geleentheid plaasgevind. Deur die loop van Saterdag is luide toejuigings telkens gehoor wanneer iemand hoรซ punte aangeteken het. Wanneer ‘n 180 aangeteken is, het dit “one hundred and eighty” deur die saal weerklink.

Die Kreapers van die Kathu-veerpyltjieklub is van links Abri Janse van Vuuren, Paul Groenewald, Ronald Adams en Jack Draaier. FOTO: Verskaf

Dit is ook hier waar een van Kathu se klublede sy staal gewys het.

Paul Groenewald, een van die Kreapers, het twee 180’s gegooi. Faan Maritz van Double Trouble +2, wat bestaan het uit drie lede van Kathu en een van Kimberley, het ook twee 180’s gegooi.

LEES OOK: Lede van veerpyltjieklub in die kol met spel, uitreik na jeugdiges

Die Vuil Pere-mansspan van die Oos-Vrystaat het die mansafdeling van die toernooi teen die Sharp Shooters, ook van die Oos-Vrystaat, gewen. Die Mali Dart Club-vrouespan van Lesotho het die vroueafdeling teen die Ducktales van Bloemfontein gewen.

Volgende jaar se Pieter Fourie-toernooi vind weer in Bloemfontein plaas, van 3 tot 5 Desember.

Die Double Trouble+2-span is Bennet Potgieter, Theuns Potgieter, Faan Maritz en Mark Smith. FOTO: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article