Die jaarlikse Bloemhof Bonanza-hengelkompetisie vind van Donderdag (27/04) tot Sondag by die Bloemhofdam plaas, en talle pryse is te wen.
Hengelaars kan hulle tot voor 10:00 op Donderdag vir dié oewer- en boothengelbyeenkoms inskryf, wanneer die kompetisie begin.
Skryf aanlyn in by justsc.co.za, koop kaartjies by die Viskas in Bloemhof, of bel Petro Potgieter by 061-441-4642.

